Thursday 10 January 2013

Dadelkoek

Hierdie resep kom uit ‘n boekie wat ouma Nancy gekoop het vir 30c , dis net jammer daar is nie ‘n datum by nie, maar ek reken dit was in die 1960, want ek was nog ‘n kind gewees. Ek het dit gebak en dit is nogal baie lekker, die dadels is nie oorheersend nie.




Bestandele
1 koppie dadels, fyngesny  (250 ml)
1 teelepel koeksoda (5ml)
1 koppie suiker (250ml)
125 g botter
1 eier
2 ml sout
1 teelepel vanilla ess. (5ml)
halwe koppie klapper (125ml)
2 teelepels bakpoeier (10ml)
2 koppies koekmeel (500ml)
1 koppie kookwater (250 ml)
Gooi die koeksoda oor die dadels en dan die koppie kookwater, laat staan en roer effens fyn.
Klits die botter en suiker tot room en voeg geklitste eier by.
Voeg die dadels, sout , vanilla, en klapper by.
Meng goed en sif dan die meel en bakpoeier saam en voeg by.
Skep in 2 gesmeerde laagpanne en bak 20-30 minute.
Smeer die volgende vulsel tussen die 2 lae en versier die koek bo-op

Vulsel
1 eetlepel  kakao
125 ml water
1 eetlepel botter
125 ml suiker
125ml fyn dadels
125ml klapper
Meng die kakao,suiker en water.
voeg die botter en dadels by
kook totdat die mengsel dik is
verwyder van stoof en voeg die klapper by en laat afkoel

IngredientsKlapper Vulsel
klits 3 eiergele met 60 ml melk, gooi dit in ‘n dubbel kastrol en voeg 375 ml klapper en 80 ml suiker en 50g botter hierby
roer goed deur en laat dit kook totdat dit gaar is skep dit bo-oor die dadel vulsel.

Tuesday 6 March 2012

Honey and Whisky cake

In 2005 toe ons by stirling castle in skotland was het ek 2 resepte boekies
van johanna mathie gekoop. In haar scottish teatime recipes het ek ‘n resep gekry
vir honey and whisky cake en ek het ‘n baie ou resep van heuningkoek
ek het die 2 resepte so bietjie aan gepas en met die volgende resep die koek gebak.


Ingredients
125 g Stork margarine
250 ml brown sugar
3 eggs
60 ml whisky
360 ml self raising flour
grated rind of 1 lemon

Grease 1 x 23 cm cake tin
Cream margarine and sugar
Add lemon rind
Beat in the eggs one at a time, until pale and fluffy
Sift half the flour and fold into mixture
Add whisky and fold in remaining flour
Bake for30 minutes at 180 c

Sauce
30 g margarine or butter
60 ml honey
15 ml lemon juice

Melt together and pour over cake as soon as the cake comes out of the oven.

Icing
60 g margarine or butter
240 ml icing sugar
15 ml honey
15 ml lemon juice

Mix until ingredientsare combined.
Smooth over top of cake and decorate as desired.

Friday 2 March 2012

Sjokolade Mousse Koek

Hier is die resep vir die sjokolade mousse koek.
Die resep het ek aangepas uit drie resepte wat ek gehad het.
Die koek is ‘n basiese sjokolade koek, dan die vulsel is van ‘n
poeding resep en die versiersel is gewone ganache.
hierdie koek het ek vir my suster Joey se 50 ste verjaarsdag gebak
dit is ‘n lekker klam koek wat vir ‘n paar dae in die yskas gehou kan word.



Koek beslag
500 ml koekmeel
375 ml suiker
20 ml bakpoeier
60 ml kakao
1 ml sout
4 eiers geskei en wit styfgeklits
275 ml olie
5 ml vanilla ess.
275 ml kookwater

berei 2 x 20 cm koekpanne
Sif meel,suiker,bakpoeier,sout,kakao saam
klits eierwitte tot styf
klits eiergele,olie en ess saam en voeg by meel bestandele met kookwater en meng goed
vou eierwitte in mengsel
bak 25 tot 30 minute teen 180 C

wanneer koud sny koeklae in helfte

Vulsel
20 g gelatien
125 ml water
125 ml suiker
375 g blik caramel treat
250 ml vars room
250 ml Ideal melk verkoel vir 24 uur tot yskoud , dan klits dit dubbel die volume

week gelatien in water oor bak met kookwater tot gesmelt en laat afkoel
meng suiker in
klits vars room tot styf
klits ideal melk tot styf
klits caramel treat tot glad
meng nou alles saam
laat amper stol en smeer tussen koeklae

Ganache
versier met ganache
300 g donker sjokolade
250 ml vars room

breek sjokolade in stukkies en smelt oor warm water
roer room in tot glad
laat effens afkoel en gooi bo-oor koek